Bedieninge
Getuienisbediening
Die getuienisbediening bied aan jou ʼn opwindende geleentheid om in God se koninkryk ‘n verskil te maak. Jy bepaal self waar en hoe jy betrokke wil word. Jy kan bv. ons gereelde nuusbrief ontvang en ‘n voorbidder word, of ‘n finansiële bydrae maak, of jy kan prakties betrokke raak !(Loer gerus na ons inligtingsvideo en besigtig ons lys van plaaslike getuienisprojekte).
Ons ondersteun ook ‘n paar sendelinge. Elkeen van ons sendeling het ‘n stuurselgroep waarby jy kan inskakel om hulle prakties te ondersteun. Jy is ook welkom om op saam met ons op ‘n korttermyn uitreik te gaan. Dit is ‘n heerlikeervaring om ons sendelinge in die sendingveld te besoek.
Ons sal jou nie by die diepkant ingooi nie, maar toerus en bystaan. Kom maak ‘n verskil en word saam met ons “Draers van Hoop! Kontak ons sommer nou! (Kontakbesonderhede is onder aan hierdie blad)
Huidige getuienisprojekte:
- Plaasbediening: Prediking evangelisasie en jeugbediening
- Hospitaal bediening deur lidmate
- Uitreike na Ikageng
- Emmers vol liefde – (emmersvoedsel vir behoeftiges)
- Warm liefde – (komberse en klere aan behoeftiges)
- Bedien gevangenis in Potchefstroom Korrektiewe dienste
- Jesusfilm bediening: plaaslik en in die buiteland
- Manne bediening (weeklikse byeenkoms en kampe)
- Vroue bediening (byeenkomste en kampe)
- Ouerbegeleiding toerustingskursusse en kleingroep besprekings
- 90 minute 100% Liefdesdiens (gemeenskapsprojekte wat impak maak)
- Korttermyn uitreike na sendingvelde
- Bediening van straatbewoners
- Toerustingseminare
- Barmhartigheid / Kospakkies – Ons pak en deel 2-weekliks pakkies uit aan mense wat dit nodig het.
Sendelinge:
- Frans sprekendes:(sendeling: Dawie & Naomi de Wet.)
- Malawi: (sendeling: Pieter Loots)
- Botswana: (sendeling: Jerry & Magda Minny)
- Mosambiek (sendeling: Johan en Enna Dames)
KONTAKBESONDERHEDE
Getuieniskantoor: Angelique van der Berg
(Kantoorure: Maandag tot Vrydag 07:30 – 13:00).
Sel: 071 569 2086
Epos: sending@mgemeente.co.za
FINANSIëLE BYDRAES
Rekening naam: Miederpark Sending
Tjekrek. 405 041 9146
Bank: ABSA
Takkode:632 005
Ek wil graag die maandelikse Getuienisbrief van Miederpark Gemeente ontvang
Jeugbediening
JEUGBEDIENINGLEIER
Jacqueline Storbeck
Selnr: 083 784 7577
epos: jacqsomers@gmail.com
Ons is baie opgewonde oor ons nuwe Jeugbediening. Met al die verandering in tegnologie en kinders se sosiale lewes moes ons aanpas om die Jeug op hulle vlak te bereik en steeds God se Woord en waardes effektief oor te dra.
VONK Jeugbediening is daar om vonk in die kinders se geestelike lewes te sit, net soos ‘n vonkprop spark gee aan ‘n enjin.
Alle jeugdienste vind plaas op Sondae (behalwe skoolvakansies en langnaweke). Die graadgroepe word opgedeel in Kleuters, Junior Jeug en Senior Jeug.
TJOKKERTJIES kleuterkerk
Tydens die oggenddienste is daar Kleuterkerk vir 4 tot 6 jariges. Lesmateriaal wat gerig is op die kind se ontwikkelingsvlak word gebruik, en word deur die jaar afgewissel met Bybelstorie-poppekas. Daar is te alle tye genoeg toesig om die kleingoed besig te hou.
Die Kleuterkerk lokaal is by die hoofingang van die kerk, links van die trappe by die swart staalhekke in.
VONKPROPPE (Gr. 1-6)
Die kinders kom 09:15 saam met die gemeente in die kerk bymekaar. Na afloop van die Votum en Lofprysing, word die oggend tema met die kinders behandel, waarna hul die erediens verlaat en gaan na die Jeuglokaal waar daar in graadgroepe verdeel word om die tema van die dag verder te behandel.
SPARKS (Gr 7-12)
Tienerdienste / Kategese word Sondae na die oggend erediens in die Jeuglokaal gehou. Lesmateriaal word aangebied wat spesifiek van toepassing is op hierdie ouerderdomsgroep en die alledaagse uitdagings waarmee hulle te doen het. Hulle word toegerus met Bybelse voorbeelde en leiding en hoe om as ‘n Christen in sekere situasies op te tree en die regte besluite te neem.
BELYDENISKLAS
Die Graad 11’s kom Sondae 08:00 saam met Ds Christo in die Belydenisklas / Klein kombuis en sitkamer bymekaar. Die fokus is nie om die kinders net bepaalde dogma te leer nie, maar om hulle voor te berei om as Jesus se dissipels binne Sy gemeente te leef. Die materiaal wat gebruik word, is deur die gemeente self ontwikkel.
RECHARGE KOFFIEKROEG
So elke nou en dan op ‘n Vrydagaand het ons “Recharge” Koffiekroeg van 18:00 tot 21:00 waar die “Sparks” kan kuier, pool/tafeltennis en foosball speel, koffie drink, en hulleself in ‘n veilige atmosfeer kan geniet.
KAMPE
Die Vonkproppe en “Sparks” word elk op twee kampe gedurende die jaar geneem.
JEUGLEIERS
Elke Jeugleier moet in ‘n persoonlike verhouding met die Here staan. Daar word van hulle verwag om aktief betrokke te wees by die gemeente se aktiwiteite en eredienste, en heilige voorbeeld vir die kinders te wees.
Dis vir ons belangrik om ʼn verhouding met die kinders te bou. Leiers besoek die kinders by hul huise, en is in gereelde kontak deur whatsapp. Ons “Recharge” Koffiekroeg is daar vir die kinders om op ‘n ontspanne manier saam met die leiers te “social” en verhoudings te versterk.
Gaan follow ons gerus op die volgende blaaie:
FACEBOOK: VONK Jeugbediening
INSTAGRAM: vonk_Jeug
Gebedsbediening
GEBEDSBEDIENING
Bedieningsbestuurder: Magdelize Vosloo. Sel: 082 333 9799
Epos: magdelizevosloo@gmail.com
Sekretaris: (vakant)
- Gebedsketting: Dis in die vorm Whatsapp groep. As iemand ‘n versoek het kan dit na die leraar of MAgdelize Vosloo gestuur word. Die versoek word dan deurgestuur na die voorbidders.
- Gebedswandeling: Daar word op ʼn spesifieke plek vir spesifieke mense/dinge gebid. Geleenthede en tye sal deurgegee word aan gemeente soos die geleenthede gereël word deur die jaar volgens behoefte.
- Gebedseminare: Met elke dag van gebed word die dag afgesluit deur ‘n toesrustingsgesprek oor gebed.
- Gebedskamer: Die gebedskamer in die kerkgebou – onder die trappe – toegang vanuit die voorportaal.
- Daar is ‘n groep wat voorbidding vir eredienste en ander sake doen, sondae om 09:00 in die gebedskamer.
- Siekes in die gemeente word opgedra deur die groep wat hulle ook kan besoek. Gee die name van siekes aan die leraar deur sodat dit opgevolg kan word.
- Die intersessie groep tree vir die gemeente in soos Eseg 22:30 dit sê: iemand wat voor God in die gat van die muur sal staan.
- Elke Woensdag 18:30 is daar geleentheid om saam te bid vir die gemeente. Daar word gebid vir die regering, die land, ons gemeenskap, en ook vir enigeen se behoeftes / probleme.
- Vroue gebedsgroep bid elke Vrydag 9:00 in gebedskamer
- Manne gebedsgroep bid elke Saterdag 7:00 in gebedskamer in die groot saal
- Die jeug in die gemeente word by die gebedsprojekte betrek. Ons wil die kinders van alle ouderdomme die krag van gebed laat verstaan. Daar word ook gebid dat Gees van God ingang sal vind in die lewens van die jeug van die gemeente.
- Gebedskruis: dit is deel van die groter aksie in Potchefstroom. Elke Maandag om 18:00 uur word daar gebid vir Miederpark se veiligheid die mense, skole kerke ens. Ons bid by die kruis in Geelhoutlaan
Omgeegroepbediening
OMGEEGROEPBEDIENING
Bedieningsbestuurder: Alta Pothas. Sel: 0739976544
Epos: pothasalta@gmail.com
Binne hierdie bediening kom die gelowiges weekliks in omgeegroepies byeen op ’n dag en uur wat hulle pas. Boonop skakel jy in by mense van jou eie ouderdom, waar jy sommer tuis voel!
Wat doen ons binne die omgeegroepe? Hier ervaar ons weekliks die warmte en liefde van medegelowiges. Ons leer prakties wat dit is om te gee, lief te hê en uit te reik na mekaar. Ons leer ook binne hierdie omgee-ruimte om kosbare Bybelse waardes in ons lewens toe te pas. Ons wil hierdie wonderlike liefde nie net vir onsself hou nie. Ons wil nie net ’n warm- broeigroepie wees nie, maar moedig mekaar aan om ook na ander uit te reik en mekaar in liefde te dien! Die omgeegroepe word die oefenruimte waar ons die Bybel beter verstaan, waar ons begin waag om met mekaar oor Christus te praat en uiteindelik getuies vir Christus in die wêreld word. Hier in die liefdevolle sorg van medegelowiges kan nuwelinge hulle tuis maak en geleidelik saam-saam geestelik groei! Ons het begrip vir nuwe lede wat onseker voel, want ons het almal so begin! Hier leer ons om dissipels vir Christus te wees en word ons daers van hoop wat oral waar ons gaan, ‘n verskil kan maak.
Die omgeebediening word deeglik gestruktureer in:
- Omgeeleiers: (Fasiliteer die omgeegroep en doen Bybelstudie aan die hand van uitgewerkte Bybelstudie materiaal).
- Voogleiers: (Tree as voogde op van ʼn groepie omgeeleiers).
- ʼn Leraar: (verantwoordelik vir die opleiding van nuwe omgeeleiers. Kursusse word gereeld aangebied).
- Omgeeleier-byeenkomste: (Omgeeleiers span beplan elke kwartaal se werksaamhede saam).
Lofprysingbediening
Bedieningsbestuurder: Wouter Smit Sel: 071 383 1292
Epos: wsmit@smieo.co.za
Sekretaresse: Sanet Smit Sel. 0849700424
Wanneer iemand Geesvervuld, vol van die Heilige Gees lewe en die gemeente se visie uitleef as draers van Hoop in Christus, kan jy nie anders as om oor te borrel van God se wonderlike genade nie! Daarom wil hierdie bediening ‘n belewing skep van heerlike lofprysing en aanbidding tydens die eredienste en ander gemeentebyeenkomste.
Ons ontwikkel die musiekbediening in die gemeente op ‘n voortdurende basis met die gebruik van onder andere orrel, klavier en ander musiek instrumente. Indien jy die gawe het om te sing of enige musiekinstrument te bespeel, kom skakel in!
Bedieninge:
- Lofprysing tydens erediens en ander gemeentebyeenkomste
- Musiekbediening met orkes, orrelbegeleiding, musiekinstrumente en sang.
Mediabediening
Bedieningsbestuurder: Anton Botha (Waarnemend) Sel: 079 794 4951
Epos: anton@digitrtb.co.za
Hierdie bediening kommunikeer die gemeente se werksaamhede na binne en buite. Ons poog ook om die evangelie uit te dra deur die elektroniese en gedrukte media.
- Kommunikasie en bemarking: Ons taak is om die kommunikasie in die gemeente en na buite te bevorder. Jy sal elke week die nuutste preke, en nuus op die webwerf vind. Agter hierdie nuusbrokkies staan ‘n klomp toegewyde lidmate wat hul tegniese en grafiese vaardighede gratis aanbied.
- Ons het jou gawes nodig! Kom help ons met enige van onderstaande bedieninge:
- Webwerf (mgemeente.co.za)
- Facebook (Miederpark gemeente)
- Beeld en klankbeheer in eredienste en funksies
- Fotografie
- DVD produksies
- Grafiese ontwerp
- Gemeente kalender en Kitsgids
- Data stelsels
Finansiële Bydraes
Ek wil ‘n finansiële bydrae maak
- Ons kollekteer normaalweg nie by lidmate nie. Dit is ‘n saak tussen jou en die Here. ‘n Gelowige kind van God gee graag vrywillig sy offergawe vir die werk van die Here! (vgl. 2Kor.8:1-3 en 2Kor.9:5,7-8,14-15). ‘n Tiende is ‘n Bybelse beginsel en ‘n goeie riglyn vir ons offervaardigheid Mal.3:8-11)
- Aangesien ons nie geld uit die kerkkas neem vir die uitdra van die evangelie nie, vra ons dat u self asb. ‘n gedeelte van u Offergawe sal allokeer vir die uitdra van die evangelie. Dit is die tweede rekening, nl. Miederpark Geloofsoffer
BANKBESONDERHEDE
OFFERGAWES VIR DIE GEMEENTEKAS:
Rekening naam: Miederpark Gemeente,
Tjekrek. 680 590 591,
Bank: ABSA,
Takkode:632 005
Metode van offergawes gee:
- Jy kan op jou Banktoep ‘n maandelikse EFT bydrae registreer. Gebruik as verwysing jou omgeegroep- of wyknommer, gevolg deur jou van. (Bv. 23 Nel). Dit maak ons finansiële administrasie makliker.
- Laai jou debietorder vorm af (Kliek hier) Voltooi jou debietorder en handig dit asb by die kerkkantoor in. Of stuur na: kantoor@mgemeente.co.za (Jy kan enige tyd aanpassings ten opsigte van jou bydrae maak deur die kantoor te kontak.)
U kan ook die volgende kode skandeer (of kliek op die prentjie) en deur SnapScan maklik ‘n betaling maak. Indien u egter wil hê ons moet weet dat dit van u kom of vir ‘n spesifieke doel of Wyk inbetaal is, moet u asseblief vir ons ‘n e-pos stuur daaroor, na kantoor@mgemeente.co.za
BYDRAES VIR DIE UITDRA VAN DIE EVAGELIE DEUR DIE GEMEENTE:
(Ons vra asb dat u self ‘n gedeelte van u maandelikse offergawe sal allokeer vir die uitdra van die evangelie in onderstaande rekening):
Rekening naam: Miederpark Geloofsoffer,
Tjekrek. 405 041 9146,
Bank: ABSA
Takkode:632 005
Metode van bydraes gee:
Jy kan op jou Banktoep ‘n maandelikse EFT bydrae registreer. Gebruik as verwysing jou omgeegroep- of wyknommer, gevolg deur jou van. (Bv. 23 Nel). Dit maak ons finansiële administrasie makliker.
