Eredienste
Daar is op ’n Sondag een aanbiddingsgeleentheid.
Oggenddiens
Hierdie erediens begin Sondae om 09:15 reg deur die jaar in die gemeentesentrum (ouditorium). Gelyklopend vind die Junior Jeugbediening plaas, met die Kleuterkerk vir voorskoolse kinders wat ook terselfdertyd gebeur.
Na afloop van die erediens kuier die gemeente in die gemeentesentrum waar koffie en tee bedien word. Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons te kom kuier!
Die Senior Jeugbediening vind ook na afloop van die erediens plaas.
Videos van eredienste is in die proses om gelaai te word en u kan dit hier besigtig:
Miederpark Gemeente YouTube Kanaal
![]()
Hierdie “eietydse” eredienste was op Sondae om 17:30 gehou, maar is tans gestaak. Ons dank die Here vir die groei en koinonia wat hierdeur bereik is tot Sy eer.
Hou hierdie spasie dop… Toerustingsgeleenthede kom binnekort!